MBA "Educational Leadership"

Méhan is tans in haar finale jaar van ‘n MBA in Opvoedkundige Leierskap program wat aangebied word deur die Robert Kennedy Kollege (Zürich) in vennootskap met die Universiteit van Cumbria (Engeland). Sy het reeds die akademiese kursus vereistes van haar MBA-program suksesvol voltooi. Die navorsing komponent van haar MBA-program fokus op die wyse wat holistiese innovasie, in die veld van Opvoedkundige Leierskap, kan lei tot akademiese sukses van ‘n skool. Die navorsing poog verder om die faktore te identifiseer wat bydrae tot akademiese prestasie van die top presterende staatskole in Suid-Afrika.
Verwagte Uitkoms

Innoverende Opvoedkundige Leierskap wat bestaan uit die effektiewe gebruik van innoverende tegnologie as onderrig middel, veelsydige bestuurders en bekwame finansiële metodologieë beklee ‘n belangrike rol in die akademiese sukses van ‘n skool.

Navorsing Vraag:
  • Is daar ‘n verbintenis tussen die suksesvolle implementering en effektiewe gebruik van innoverende Opvoedkundige Leierskap in sekondêre staatskole en die skool se akademiese prestasies?

  • Fokus sal geplaas word of die volgende drie fasette van innoverende Opvoedkundige Leierskap:

    • Die doelgerigte gebruik van tegnologie as ‘n innoverende onderrig middel en vatbaarheid vir negatiewe gevolge voortspruitend uit Covid-19;

    • Die veelsydigheid van die persone wat ‘n bestuur rol in 'n skool beklee met spesifieke verwysing na ouderdom, verspreiding en kwalifikasies;

    • Die bekwame bestuur van die skool se finansies by wyse van die implementering van innoverende finansiële metodologieë.

Image
Image

Deelnemende Skole

  • Die deelnemende skole sal bestaan uit staatskole wat in hul eie reg akademiese baanbrekers is.

  • Deelnemende skole se identiteit sal ten alle tye anoniem behou word, welke anonimiteit beskerm sal word deur vertroulikheidsooreenkomste.

  • Sodra die navorsingsverslag gepubliseer word deur die Robert Kennedy Kollege / Universiteit van Cumbria, sal elke deelnemende skool ‘n kopie daarvan ontvang.

Verskillende fases van die navorsing

Fase 1

Die gebruik van tegnologie in die klaskamer en aanlyn:

Tydens die fase, sal opvoeders van die deelnemende skole versoek word om ‘n aanlyn vraelys te voltooi wat handel oor die gebruik van verskillende onderrig metodes, die gebruik van tegnologie en die impak van Covid-19 op ‘n opvoeder se onderrig metodes;

Fase 2

Die veelsydigheid van die bestuurspan:

Tydens die fase sal persone wat in bestuur rolle is, versoek word om ‘n aanlyn vraelys te voltooi. Die vrae is onder andere gerig op die ouderdom van die persoon, die kwalifikasie en verantwoordelikhede van die bestuur rol. Die persoon se identiteit word geensins blootgelê nie.

Fase 3

Finansiële Metodologieë:

Gedurende hierdie fase word toegang tot die finansiële state en die begrotings beleid van die deelnemende skool versoek. Die data wat uit die finansiële state verwerk word, sal gebruik word om te bepaal welke persentasie van die uitgawes geallokeer word vir Opvoedkundige Leierskap om akademiese sukses na te streef. Vir klaarheid doeleindes, sal die werklike bedrag in Rand waarde nie bekend gemaak word nie, maar as ‘n persentasie van die totale fondse wat die skool spandeer.

Daar mag tydens sekere fases van die navorsing bondige onderhoude gevoer word met bestuur of leerkragte.